Tuesday, 28 August 2007

Karen Wessels se CD













Ek wil al lankal Karen Wessels se CD, Hoe Durf Jy?, graag koop, maar ek is maar 'n arm student, so dit moes maar wag.

Wel, vandag het ek dit uiteindelik gekoop, en dit was die wag werd.

Elke liedjie op die CD is regtig mooi.

Julle sal haar dalk ken as Chantelle Wessels in Begeertes, of Hester in die skreeusnaakse Hester en Ester Bester.

Sewe uit die tien liedjies op die CD is deur Karen self geskryf.

Die titelsnit, Hoe Durf Jy?, bly maar my gunsteling.

My Land is ook 'n baie mooi liedjie, en gaan oor Suid-Afrika.

Volgens my persoonlike opinie raai ek jou aan om gerus vir jou die CD aan te skaf.

Jy sal nie spyt wees nie!

2 comments:

My Kop Op 'n Blok! said...

Kan ek hom asseblief by jou leen?

Anonymous said...

Hoi,

Als je mij vertellen kan waar ik hem in Nederland kan kopen doe ik dit meteen. Geweldig, heb net de nummers "Hoe durf jy" en "Begeerte" op You Tube gezien.


Doei,

Ronald