Tuesday, 11 December 2007

Fernando Alonso is terug by Renault!

Fernando Alonso is gister uiteindelik bevestig as Renault F1 se nommer een bestuurder in 2008.



































Nelson Piquet jr. is bevestig as sy spanmaat.



















Die nuwe Renault sal in Januarie 2008 onthul word.


Saturday, 08 December 2007

Beste boek in 'n lang tyd...

Ek is mos 'n skrywer, so ek lees natuurlik baie boeke. My broer behoort aan 'n boekklub, en toe vertel hy my van 'n boek wat hulle gelees het. Dit klink toe vir my baie interesant, en ek leen toe die boek by hom.

Die boek gaan oor die agtien-jarige Ram Mohammad Thomas. Hy is gearresteer nadat hy twaalf vrae reg beantwoord het op 'n TV vasvra program en een biljoen roepeë gewen het. Die produksieleiers is seker dat hy sy pad na oorwinning oop gekul het.

Ram vertel twaalf seldsame gebeure uit sy straatkind-lewe wat vir hom die twaalf antwoorde gegee het wat hom die speletjie laat wen het. In sy hartroerende verhaal lê al die komedie, tragedie, vreugde en aandoenlikheid van moderne Indië.

Ek raai enige iemand wat hierdie artikel op my blog raakloop aan om die boek te lees. Anders mis jy baie.

Hier is 'n paar foto's van die boek:















Julle kan ook meer lees oor die skrywer, Vikas Swarup, op die volgende webtuistes:

http://www.vikasswarup.net/

http://en.wikipedia.org/wiki/Vikas_Swarup


Dit is Swarup se heel eerste boek (dit wil gedoen wees).
Hy is huidiglik besig om sy tweede boek, Six Suspects, te skryf.
Ek kan nie wag nie!

Swarup is 'n Indiese diplomaat. Huidiglik woon hy hier in Pretoria, Suid-Afrika.

As jy die boek in die hande kry, geniet dit! En laat weet my gerus of jy dit net so baie geniet het soos ek.

Wednesday, 05 December 2007