Saturday, 08 September 2007

Raikkonen se ongeluk

Kimi Raikkonen het sonder enige beserings uit sy Ferrari geklim na 'n baie skrikwekkende ongeluk teen 200m/h in Saterdag-oggend se Formule 1 oefensessie in Monza, Italië.

Die Fin se Ferrari het skielik regs geswaai by die 'Ascari chicane', voordat dit hard in die buitenste muur vas is en baie hard in die 'tyre wall' vas is.

Die F2007 is diep in die bande begrawe, maar Raikkonen het kalm uit die stuurkajuit geklim, oor die bande geklim en teruggeloop na die kuipe terwyl hy die 'marshals' se hulp van die hand gewys het.













No comments: